Verlore, verlate
Ek loop op paaie wat kronkel
en my hele menswees wankel.
My lewenspad is donker en vol stof
al my emosies het êrens daar ontplof.
Hy moes my oppas soos goud
inteendeel word jy my grootste fout.
Ek is alleen gelaat aan die koue genade van die lewe
om te verkluim, my dood te bewe.
Foto: Canva

