Megan Adendorff

Megan Adendorff is tans ’n derdejaar-kunstestudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy fokus op die taal- en skryfdeel van kunste. In haar vrye tyd is sy ’n rubriekskryfster vir Netwerk24 se “Die Student”-afdeling. Sy staan ook soms in vir omroepers op Radio KC 107.7 FM, waar sy om en by vier jaar terug haar debuut as radio-omroeper gemaak het toe sy die program “KC-Treffers” saam met Rozanne Bester begin aanbied het.

KC-Treffers het later tot ’n einde gekom en sy het “Afrikaans is tops” saam met William Sezoe en Lathan Van Wyk begin aanbied. In haar eerste jaar het sy deelgeneem aan die GHA-digkompetisie en haar gedig “My Afrikaans, my taal” is gekies vir publikasie. In haar tweede jaar het sy uit die ateljee gestap om haar volle aandag aan haar studies te skenk. Dit was aan die einde van haar derde jaar as student dat sy haarself weer in die ateljee bevind het.

  • Foto: verskaf

Hulle sê

Megan Adendorff Poësie 2022-06-21

"my hart
is by die persoon
wat nooit
my gedagtes verlaat."

Lank, lank gelede

Megan Adendorff Poësie 2022-05-11

"het daar ’n weergawe
van my gelewe
een wat
sorgeloos en vrylik
sonder pretensie
gelag het"

Wie dink djy is djy

Megan Adendorff Poësie 2022-05-03

"Wie dink djy
is djy
om te roam in die strate
van my hart
soe asof djy
die president is haaso?"

Gechange

Megan Adendorff Poësie 2022-03-07

"Ons dryf ruilhandel
dis my liefde vir syne 
en soos note na kleingeld"

Karamel

Megan Adendorff Poësie 2021-12-21

"Tien sekondes later 
en ek proe dit steeds. 
Tien blokkies later, 
ek’s steeds nie versadig."

Wag gou 

Megan Adendorff Poësie 2021-12-21

"en djy vetel vi’ ammil van hoe honge ek plek-plek gely het, 
but 
djy sien 
djy’t nooit vimy ’n dite gegie toe my maag lieg wassie 
djy’t nooit my vision support toe ek gedroem ittie"

My liefde se liefde

Megan Adendorff Poësie 2021-12-14

"en as ek lees van wie die geskenk is 
dan is dit gewoonlik van haar. 
Sy laat die orgaan in my linkerbors dans"

Nee Mammie 

Megan Adendorff Poësie 2021-12-07

"Nee Mammie, 
ek’s glattie ’n alkie, 
ek vesypie sorrows. 
En Mammie?"

Enishia Hope 

Megan Adendorff Poësie 2021-09-15

"Een oomblik verbreek haar uitspattige gelag die stilte. 
Die volgende betoon ons aan haar ’n oomblik van stilte 
en ek het baie vrae 
ek mean hoekom, waarom?"

Agter tralies

Megan Adendorff Poësie 2021-08-17

"Ek is ’n emosionele kluisenaar 
want ek hou my emosies gyselaar  
My hart hamer teen my bors"

Ek is vroulik

Megan Adendorff Poësie 2021-08-02

"Ek is vroulik  
maar ek wens ek was nie 
want dis hoekom ek vrees vir my lewe."

Verlore, verlate

Megan Adendorff Poësie 2021-08-02

"My lewenspad is donker en vol stof 
al my emosies het êrens daar ontplof. 
Hy moes my oppas soos goud 
inteendeel word jy my grootste fout." 

Jou woord teen myne!

Megan Adendorff Poësie 2021-07-26

"Jy sê sy het gevra daarvoor, 
maar wat as sy net iets wou optel by die poskantoor? 
Jy sê dit was haar eie skuld, 
maar wat as sy haarself maar net in die gemak van haar eie tuiste kon bevind?"

Top