Foto: Unsplash.com
Karamel
Soet is sy soene, nes die kleur van sy vel.
Karamel.
Sag is sy aanraking soos ’n fudge
wat teen my verhemelte wegsmelt.
Tien sekondes later
en ek proe dit steeds.
Tien blokkies later,
ek’s steeds nie versadig.
Tien jaar later
’n ring aan my vinger.
Vasgevang,
ek’s verslaaf.
Kommentaar
Wat ek van hou van joú dig, Megan, is dat jy uit jou hart skryf.
En jy skryf jou hart uit in die proses.
Jy vra nie verskoning vir jou emosies/gevoelens nie, al kan dit ander mense moontlik ongemaklik laat voel.
Jy bly altyd getrou aan dit wat jy as mens ervaar.
Dankie baie en baie liefde ❤