Wag gou 

  • 2

Foto: Canva.com

Wag gou 
Djy sê ek hou my sturvy 
en alles wat ekkie issie  
djy sê ek vegiet ek komytie damyt  
en djy vetel vi’ ammil van hoe honge ek plek-plek gely het, 
but 
djy sien 
djy’t nooit vimy ’n dite gegie toe my maag lieg wassie 
djy’t nooit my vision support toe ek gedroem ittie 
en nou ...  
Nourat ek is wie ek gedroem it ek sou wies  
nou wil djy maak asof ek jou ’n smile skuld?

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top