Lank, lank gelede

  • 1

Foto: Canva.com

Lank, lank gelede
Eendag 
lank, lank gelede 
het daar ’n weergawe 
van my gelewe 
een wat 
sorgeloos en vrylik
sonder pretensie
gelag het
en alhoewel ek 
in ’n mate van haar 
bestaan vergeet het 
verlang ek nou en dan 
na die ek 
wat brood 
in plaas van trane geëet het. 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top