Ek is vroulik

  • 0

Foto: Canva.com

Ek is vroulik  

en daarom is my lewe in gevaar,  
daarom voel jy geregtig op my lyf 
my lewe 
Omdat ek vroulik is 
is ek bang vir die man wie ek ken 
die een wie ek nie ken nie  
Ek is vroulik 
daarom is ek besig om uit te sterf 
en daarom dink jy 
dis oukei om my te verkrag 
my te vermoor 
Ek is vroulik  
maar ek wens ek was nie 
want dis hoekom ek vrees vir my lewe. 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top