
Foto: Canva.com
Wie dink djy is djy
Wie dink djy
is djy
om te roam in die strate
van my hart
soe asof djy
die president is haaso?
Hoe durf djy
jou hart
en myne
in jou hand hou?
Hoe durf djy
my ontneem van jou liefde
en steeds al myne claim?

