My liefde se liefde

  • 0

Foto: Canva.com

My liefde se liefde 
Ek is verlief op haar 
want sy  
maak jou gelukkig 
en ... 

As jy glimlag 
dan sing die voëltjies 
en as jy lag 
dan voel ek die hand van die Allerhoogste oor my lewe 

op die dae wanneer jy gelukkig is 
voel dit gewoonlik asof ek verjaar 
en elke geskenk wat ek oopmaak 
een van jou glimagte is

en as ek lees van wie die geskenk is 
dan is dit gewoonlik van haar. 
Sy laat die orgaan in my linkerbors dans 
op die musiek van die effek wat sy op jou het  

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top