
Foto: Unsplash.com
Enishia Hope
Een oomblik verbreek haar uitspattige gelag die stilte.
Die volgende betoon ons aan haar ’n oomblik van stilte
en ek het baie vrae
ek mean hoekom, waarom?
Hoekom moes sy doodbrand?
Sy was maar net twee jaar oud.
Wat kon sy tog gedoen het om dit te verdien?
Ek worstel nou al sewe jaar hiermee,
maar ek try verstaan
dat wat God doen is welgedaan.

