My emmer loop oor

  • 4

Foto: Canva.com

My emmer loop oor

moet dit my ontstel
as my gedagtes na baie jare
steeds toeka se dinge vertel
maar gister se kom en gaan
het vandag reeds vergaan 

as ek my motor by die mall verloor
deur rye loop om hom op te spoor
soos ’n hen wat haar kuiken soek
kloek-kloek ’n knoppie druk
om te hoor waar hy roep 

nee ... dit ontstel my nie
almal se kennisemmers word vol
sommige vriende se emmers
is groter of kleiner as myne
en by geboorte almal leeg
maar met tyd loop hy oor
nuwe kennis spoel weg
net toeka se dinge bly oor

daar is dus geen fout
of rede om my emmer te skop
op die dag wat hy oorloop
en sy use by-datum haal
’n datum wat beslis nie mý einde bepaal

  • 4

Kommentaar

  • Pieter Loots, jou kennisemmer-gedig is een van my gunstelinge ooit.
    Baie diep, dit sal my vir altyd bybly.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top