’n Ope gedig aan Afrikaanses

  • 6

Foto: Canva.com

’n Ope gedig aan Afrikaanses

by nog ’n taalberaad, 
by nog ’n volkskongres: 
was die woorde tussen ons 
’n dowe doolhof 
van leidende vrae 
en voorbereide antwoorde 
: dit terwyl, 
iewers, 
in die volkskadu 
die bleek minotaurus 
met ’n minagtende geheueverlies 
rondsluip 
om ’n naby-nasie se seuns en dogters 
op ’n verwoestende vlakte 
                                                 te verslind 
en nou, nadat al ons dwalende volksverhale, 
tussen die kussings van koelbloedige leuens 
versmoor is 
: bly die huweliksbed van een vlees word 
maar nog 
steeds net 
                ’n weggooikind

  • 6

Kommentaar

  • Chris Kleynhans

    "leidende vrae en voorbereide antwoorde" - Ek hou daarvan. Klink of ons by dieselfde "volkskongres" was. As ek so na die nuuskanale kyk en die politici hoor praat, dink ek niemand begeer een eenheid nie. Elke groepie gaan iets moet prysgee en dit is daardie klou wat dit so moeilik maak.

  • Martin Labuschagne

    Die toekoms van Afrikaans is bruin. Wit Afrikaners se getalle krimp terwyl Bruinmense as nasie groei. Eenvoudig soos dit.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top