Het jy al ooit?

  • 1

Foto: Canva.com

Het jy al ooit?

Het jy al ooit onder ’n seestraat van jakarandabome gesit 
Met verkrummelde sonlig op jou wang, 
En ’n montage van drawwers langs die pad 
Het jy al ooit die lewe net geniet?

Die soet, groen geur van gras, 
Van die koue somersgrond, 
En die sagbruin van die aarde op jou hande 
Jan Blohm op jou tong

Het jy al ooit 
Jesus op ’n kitaar hoor speel 
Verstaan hoe om lief te hê 
En veilig gevoel in Arcadiastraat 
Het jy al ooit die lewe geniet?

  • Sy het die gedig in Arcadiastraat, Hatfield geskryf terwyl sy “Breyten se brief” van Jan Blohm geluister het en wil die sanger graag bedank. 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top