Danielle Leonhardt

Danielle Leonhardt is ’n tweedejaarstudent aan die Universiteit van Pretoria. Sy studeer Sielkunde en wil graag ’n honneurs- en meestersgraad in Dramaterapie by die Universiteit van die Witwatersrand voltooi. Sy bly in De Goede Hoop-koshuis in Hatfield. Sy skryf en skilder in haar vrye tyd. Sy het in 2019 aan Hoërskool Eldoraigne gematrikuleer, waar sy ’n liefde vir skryf ontwikkel het.

Leeftye sonder jou

Danielle Leonhardt Poësie 2021-11-01

"En Poseidon en Eirene het saam met my op dolfyne geswem 
Jesus het al vir my op die bongo’s gespeel 
Met ’n boemelaar het ek al my diepste geheime gedeel"

Die ballerina se naam

Danielle Leonhardt Poësie 2021-09-01

"Is daar nog steeds ’n ballerina wat agter in my keel dans 
En my roep om haar te kry 
En as ek miskien aanhou probeer 
Sal sy weet ek wil soos sy lyk, al vat dit alles in my"

Het jy al ooit?

Danielle Leonhardt Poësie 2021-08-11

"Het jy al ooit onder ’n seestraat van jakarandabome gesit 
Met verkrummelde sonlig op jou wang, 
En ’n montage van drawwers langs die pad 
Het jy al ooit die lewe net geniet?"

Top