Leeftye sonder jou

  • 2

Foto: Canva.com

Leeftye sonder jou 
Ek het al saam met die Huni Kuin-stam Ayahuasca gedrink 
En saam met Chief Joseph en Gandhi ’n glasie op vryheid geklink 
Saam met Ragnar en Björn het ek Swede verken 
En Poseidon en Eirene het saam met my op dolfyne geswem 
Jesus het al vir my op die bongo’s gespeel 
Met ’n boemelaar het ek al my diepste geheime gedeel 
Ek het help klippe kap vir die Sint Pietersbasiliek 
En die Griekse vroue het my geleer van mosaïek 
Maar ek sou dit steeds alles ruil om jou weer eenkeer te kan sien

Kan ek jou terugkoop uit die hemel? Hoeveel avonture, 
hoeveel lesse, 
hoeveel woorde vir ’n engel?

  • Hierdie gedig is geïnspireer deur die liedjie “Kulkuns” van die musiekgroep Bittereinder.
  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top