Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Manifes van die kremetartboom

Martin Labuschagne Poësie 2021-08-17

"tussen grafte van wedersydse gemeenheid 
versamel, 
en geplant is in 
                      ’n eens bloedbevlekte grond" 

Agter tralies

Megan Adendorff Poësie 2021-08-17

"Ek is ’n emosionele kluisenaar 
want ek hou my emosies gyselaar  
My hart hamer teen my bors"

Olke bolke

Nicola Hanekom Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-17

Nicola Hanekom, Hertzogpryswenner vir drama in 2021, se Stemme-monoloog, Olke bolke, stel ’n jong massamoordenaar aan die woord. Eldon van der Merwe lewer die vertolking en Lee-Ann van Rooi was in die regisseurstoel. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.

Het jy al ooit?

Danielle Leonhardt Poësie 2021-08-11

"Het jy al ooit onder ’n seestraat van jakarandabome gesit 
Met verkrummelde sonlig op jou wang, 
En ’n montage van drawwers langs die pad 
Het jy al ooit die lewe net geniet?"

’n Ope gedig aan Afrikaanses

Martin Labuschagne Poësie 2021-08-11

"by nog ’n taalberaad, 
by nog ’n volkskongres: 
was die woorde tussen ons 
’n dowe doolhof"

Alles lê in die lengte van jou hare

Stephren Saayman Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-10

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Alles lê in die lengte van jou hare lewer Liandé Valentyn ’n dramatiese voorlesing van Stephren Saayman se monoloog wat handel oor ’n vrou wat afreken met traumatiese gebeure uit haar kinderjare.

Leë nagte

Saartjie Botha Stemme | Voices | Amazwi 2021-08-03

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.

Ek is vroulik

Megan Adendorff Poësie 2021-08-02

"Ek is vroulik  
maar ek wens ek was nie 
want dis hoekom ek vrees vir my lewe."

Verlore, verlate

Megan Adendorff Poësie 2021-08-02

"My lewenspad is donker en vol stof 
al my emosies het êrens daar ontplof. 
Hy moes my oppas soos goud 
inteendeel word jy my grootste fout." 

die kind is doodgeskiet deur ’n polisieman in Pietermaritzburg

Ilze du Plessis Poësie 2021-08-02

"die kind is die puin van leë beloftes 
vergete in die bouval van hoop 
die kind is afwesig by vergaderings en wetgewings 
die kind word versmoor in fluisteringe in die harte van moeders 
die kind wat net wou speel in die son in Suid-Afrika is nêrens"

almal se vyand

Christo Meyer Poësie 2021-08-02

"sneuwel die burgers 
van ons pragtige land 
daagliks aan die hand 
van ’n vyand"

Kon ek ook maar ’n hond gewees het?

Andrico Goosen Stemme | Voices | Amazwi 2021-07-27

LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Andrico Goosen se Kon ek ook maar ’n hond gewees het? met Ivan Abrahams, onder regie van Nicole Holm. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Goosen, Holm en Abrahams oor die stuk gesels.

Jou woord teen myne!

Megan Adendorff Poësie 2021-07-26

"Jy sê sy het gevra daarvoor, 
maar wat as sy net iets wou optel by die poskantoor? 
Jy sê dit was haar eie skuld, 
maar wat as sy haarself maar net in die gemak van haar eie tuiste kon bevind?"

Mag ek?

Anzé Bezuidenhout Poësie 2021-07-26

"hemelligte bottel 
vir later se oordenking 
as dit voel of seerkry 
jou stukkend pluk"

My eie krake

Johannes van der Merwe Poësie 2021-07-26

"Ek val deur my eie krake 
van my onvermoë 
om te kan verstaan 
waaroor lewe en dood gaan"

My emmer loop oor

Pieter Loots Poësie 2021-07-26

"en by geboorte almal leeg
maar met tyd loop hy oor
nuwe kennis spoel weg
net toeka se dinge bly oor"

Hier is die wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie met Fanie Viljoen

LitNet Skryfkompetisies 2021-07-23

Kyk hier wie die gelukkige wenners van LitNet se Skole-skryfkompetisie saam met Fanie Viljoen is. Wenners ontvang elk R3 000 en ’n boekpakkie met die komplimente van Penguin Random House SA.

Formule van ’n siel

Morné du Preez Poësie 2021-07-21

"uiterlike verpakking in ’n vertoning van mens 
of die doen wat alle bewegings meganiseer, 
’n polsende deeltjie van ’n atoom 
gedurig in ’n oorlog met homself"

Covid

Karin Walker Poësie 2021-07-21

"jou hemp lê nog onder die kussing 
jou hond langs die bed 
jou horlosie langs die wasbak 
maar wáár is jy"

As ek so struikel

Johannes van der Merwe Poësie 2021-07-21

"As ek so struikel 
tussen leë woorde 
tussen oorvol gevoelens 
langs my weggesteekte wete"

Top