Soebat

  • 0

LitNet se Stemme is ’n reeks van 10 kort, kragtige monoloë, geskryf deur gevestigde en opkomende dramaturge, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.

Khadija Heeger vertolk Dianne Albertze se monoloog Soebat. Thembela Madliki het die regie behartig.

Hier gesels Khadija Heeger en regisseur Thembela Madliki oor hulle werk aan Soebat.

Soebat

Got va son
Got va maan
Got va water
Got va aarde

(’n Verbeelde druppel val op haar gesig.)

die fokken dak …

Got va vie
Got va klip
Got va wind

ek dink sy trunkies hang nog altyd oppie draad. hy’t dit hie ve’giet. tyd terig. kannie remember nie.

Got va brood
Got va dop
Got va vlies

hy’t ’n charger ko soek. Jirre, want sy hele family hang an ien USB cable!

ek’t gesê dis laat.

ek’t gevra kry hy koud.

hy’t ja gesê.

Got va genade
Got va hoep
Got va trou

ek bly allien. single. min mense vestaan it. ek likes my eie company.

mense het my al te see gemaak. my deddie en so an. my chommies oek. ag, berks worry ek fokkol mee … ek’t al daai Tinder getry, maa dis net klomp schemers! vi my nogal vi R5 000 ko vra!

Got va geld wiet ek kannie ees my eie hol bekostig ie

ek moetie ashtray lieg maak

Got va rent
Got va airtime
Got va groceries

ek’t gewiet hy roek entjies.

since die dag wat sy ma my oorgenooi het,

“welcome innie Smarty Town!”

my en sy oë het doringdraad gespan

sy ma moet nettie sien

wanne o’s hanne

voorie tv

entjie an gie

sy ma en ekke het close geraak. Jirre weet, my enigste chommie. sy bly oek in ’n bungalow – nes ek. man innie Polsmoor. ô’s judge’ie mekaa nie.

Got va gewete gewiete
Got va vriede

“wil djy?”

sy stem try diep klink

“sit die lig af”

Got va doop

sy hanne

warm

my hanne

wasgoed

ô’s

kaal, net kaal

niemand het my nog ooit soe gesie nie

Got va wet
Got va woord

Got, ek het net vi my liefde gegie.

deddie het heeltyd gevat.

dogtertjie.

so klein.

alles gevat.

fokkol gemaak.

Got va sink
Got va sel
Got va steen

ek het gewiet.

sy ma wou hom ie hettie.

altyd weggejaa.

die jongste.

sestien.

“wil djy?”

“sit die lig af”

“wil djy?”

“sit die lig af”

fokkol.

ek het hom fokkol gemaak.

***

Stemme is ’n Nuwe Skryfwerk-projek van LitNet en word ondersteun deur die LW Hiemstra Trust.

Al die Stemme-monoloë word in die volgende weke op hierdie blad vrygestel:

Stemme

Lees hier meer oor die Stemme-projek:

Stemme: LitNet se monoloogprojek met Suidoosterfees, KKNK en NATi

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top