
Foto: Canva.com
Tot my silwer wit word
Voor die suidewind hemelwater bring,
waarvan skraal wilgers drink,
om gesond en vet te bot.
Voor vaal rooivinke in praalgewaad sing,
van sonskyn wat die nagdonker inkort.
Voor goudgeel heuwels groen golf,
sal ek jou weer vashou
én aan my sy hou,
tot my silwer hare wit word.
Onderwyl staan reuse- wit pieke
onwankelbaar, skildwag oor jou.


Kommentaar
Baie, baie goed.
Baie dankie, Theresa.🖤
Uitstekend.
Dankie, Andries.