Von Villon

Von Villon is ’n sweis- en verfinspekteur in die petrochemiese industrie en ’n Christelike berader in sy vrye tyd weens ’n passie vir mense en sy lewe wat aan God toegewy is. ’n Liefde vir poësie het hy skaars drie jaar terug ontdek en teen die einde van die eerste jaar was 15 gedigte in verskeie gesamentlike bundels gepubliseer. Sy debuutbundel Gedagte duister sien binnekort die lig met 110 gedigte in sy unieke digstyl. 

Jeug

Von Villon Poësie 2025-06-12

"toe geluk nog spruit uit
sonskyn en moerbei
systap diep waterstrome
groot wilgers vreesloos die niet in"

Blinde hart

Von Villon Poësie 2025-06-05

"van balans af geruk tog regop
vasgegrendel in die wind
op steen en klip wat hitte klop"

Spoke

Von Villon Poësie 2025-05-29

"ongesiene silhoeëtte
swalk in en uit gedagte
spoel oor dowwe spasies
in gapings en leë plekke"

Ou volk

Von Villon Poësie 2025-05-22

"bo grasveld 
in skemerlig verdronke 
verflou die skrille soebat
van die sonbesie"

Waterkaskenades

Von Villon Poësie 2024-03-06

"jy weet hoe warm word die Bosveld
maar toe sebra se strepe afsmelt
het leeu koninklik besluit
om die groot watergat oop te sluit"

Sitadel van verkwikking

Von Villon Poësie 2024-02-07

"ons stryd knars buitekant
       in my hart en gedagtes
       word vrede bewaak"

sononder

Von Villon Poësie 2022-12-22

"skakerings
van goud en saffraan
purper getint
gestreel oor saffierblou"

Skerp

Von Villon Poësie 2022-12-09

"op vae gesigte skerp ’n glimlag 
heug die dowwe flentergedagte
van toe ek nóg alles
nóg vir jou helder was"

Blom

Von Villon Poësie 2022-12-01

"in my liefde
sal jy blom"

Winter

Von Villon Poësie 2022-11-24

"toe ek wakker word 
was dit
winter"

Leja

Von Villon Poësie 2022-11-17

"my gebroke sondaarshart
heel weer met
wedergebore hoop"

Tot my silwer wit word

Von Villon Poësie 2021-09-01

"Voor die suidewind hemelwater bring, 
waarvan skraal wilgers drink, 
om gesond en vet te bot." 

Seisoen

Von Villon Poësie 2021-04-07

"Al verlei herfs in koper en goud,  
sal ek onthou: 
Seisoene beweeg altyd verby." 

Top