sononder

  • 0

sononder 

Foto: Canva

skakerings
van goud en saffraan
purper getint
gestreel oor saffierblou 
versmelt
gele van amber
op witblond strepe
en karmosynrooi stroke 
in die rooskleur lyne
van die glimlag
van jou mond 

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top