Skerp

  • 0

Skerp

Foto: Canva

op vae gesigte skerp ’n glimlag 
heug die dowwe flentergedagte
van toe ek nóg alles
nóg vir jou helder was 

deur rooikaree ruis die wind aan flarde  
rafelende eggo van ’n fluisterstem
ek is lief vir jou
jou hand vol woorde stil gestrooi 

die geur van somerreën dreun sterker
verbloem my verlange met die drup
trane oor my blos
gesluk in hemelwater 

poele rimpel my beeld skimmig
herhaal my oor die grond 
op elke kaatsing effe vaag
skerp ’n glimlag

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top