Jeug

  • 0

Foto: Canva

jeug

toe geluk nog spruit uit
sonskyn en moerbei
systap diep waterstrome
groot wilgers vreesloos die niet in

toe onkunde nog onverstand omsoom
sink werklikheid saam met sonlig
in nimmereindigende drome
van môre wat ewiglik daag

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top