Winter

  • 1

winter 

Foto: Canva

ons was heuwels
inmekaargesmelt
in grasveld met
botterblomspatsels 
ons was somerson 

jy was sinkdak
ek was storms
sinkdakdruppels 
bedaar
skarrelende storms
toe ek wakker word 
was dit
winter

  • 1

Kommentaar

  • Uitsonderlik!
    Ek hou van die apatiese beskrywing van die spreker se persoonlike ervaring. Dit word baie klinies oorgedra met pragtige beelde en lewendige klank. Die enkele slotstelling: "toe ek wakker word was dit winter," is ontnugterend.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top