
Foto: Canva
Spoke
op die buiterande van my sig
hang skadu’s aan skimbeelde
skynfatsoene
flous my oog in hakkejag
spoorloos verlore
bloot dowwe spasies
in gapings en leë plekke
ongesiene silhoeëtte
swalk in en uit gedagte
spoel oor dowwe spasies
in gapings en leë plekke
vir ’n oomblik
met jou gevul

