Blinde hart

  • 0

Foto: Canva

Blinde hart 

van balans af geruk tog regop
vasgegrendel in die wind
op steen en klip wat hitte klop
van balans af geruk tog regop
verdor my stam; my are, stok
sluise van my oë, styf toegebind
van balans af geruk tog regop
vasgegrendel in die wind

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top