
Foto: Canva.com
Ek het
Ek het jou daar sien aankom
dapper met jou pers skoene aan.
Gedress vir die groot onthaal
waar ek jou soos ’n groot golf groet.
Ek het jou daar sien reis,
deur die wêreld tot by die dubbelpad
waar hy met twee spore bot stop
voor my deur met sy klokkie en blommehart.
Ek het jou ook sien loop,
deur die woud met haar groot sederbome,
die verlore kind wat weer daar uitloop.
Ongeplant en vuil met herfs nog in jou hare.
Ek het jou hoor roep
in die eggo’s van Augusta.
Oor haar toppe het jy geskree
om dalk my stem in haar koue te herhaal.
Ek het jou so byna net sien swem,
in die poele van Capilano
deur sy koue water jou weerkaatsing,
’n mannekyn wat lag en huil gelýk.


Kommentaar
Knap gedaan!