Celestie du Plessis

Celestie du Plessis is ’n amateur skrywer met ’n liefde en passie nie net vir taal nie, maar ook vir digkuns. Met ’n loopbaan en studieveld in die kommersiële en digitale sfeer, is hierdie wêreld waarin woorde geskep word en waarlik vlerke het die vryheid aan die einde van elke dag.

Haar belangstelling in die veld het ontstaan toe sy as jongmens vir Ingrid Jonker ontdek het, waarna sy haar lees- en skryfveld verbreed het na ’n breër skakering digters waaruit hierdie beeldspraak- en simboliekryke metode van dig voortspruit.

Celestie identifiseer juis met die gebruik van ryk beeldspraak. Haar skryfwerk strek oor verskeie style en elkeen kan aanklank vind by die onderwerpe. Haar skryfwerk word dus gedryf deur die alledaagse, die man op straat, sy liefde en lyding, en soms bloot omdat mooi mooi is.

  • Foto: verskaf

Ek is mal oor jou

Celestie du Plessis Poësie 2022-01-12

"Lank voor die branders se stemme wou breek 
of die wind sy eie wil kon ken, 
was ek gaande oor jou."

Ek het

Celestie du Plessis Poësie 2021-08-23

"Ek het jou ook sien loop, 
deur die woud met haar groot sederbome, 
die verlore kind wat weer daar uitloop. 
Ongeplant en vuil met herfs nog in jou hare."

Ek het gewonder

Celestie du Plessis Poësie 2021-05-12

"Ek het gewonder of jy sou kom 
tot by die anker van my wingerd 
en tot by die voet van my berg."

Top