Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Die prag in jou kleure
2021-11-11"baie het gekom
baie het gegaan
terwyl jy Elandsbaai
vas met jou voete
in die water bly staan."
Kommadagga-kortverhaal: "As Daddy maar net kon weet"
2021-11-11"Deesdae het jy nogal ’n houding." Hy spoel sy hande af. "En moetie eers van die ander storie praat nie." – Lees Daylen Tobias se storie waaraan sy by LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool in Somerset-Oos gewerk het.
Dwaalstories
2021-11-03"My oupagrootjie Jan
het ’n man doodgeslaan
Hy verskyn in die hof
Sy hand word as gevaarlike wapen verklaar."
Leeftye sonder jou
2021-11-01"En Poseidon en Eirene het saam met my op dolfyne geswem
Jesus het al vir my op die bongo’s gespeel
Met ’n boemelaar het ek al my diepste geheime gedeel"
Ek wil
2021-11-01"Ek wil vir jou die mooiste bos daisies kom gee
En met my ou vaal trui se mou jou hartseer wegvee."
Die besemmaker
2021-11-01"Hoekom is die besemmaker
se huis dan so vuil?
Hy maak dan elke dag
vir ander mense besems."
As die wind net draai
2021-10-26"As die wind net draai
sal die vis begin byt –
sal die kwaad hier uit
sal alles weer ’n plesier wees"
famous vuiste
2021-10-26"ek kan amper ’n song maak
met al die houe wat hy naweke
soos candyfloss uitdeel"
Die proefleser
2021-10-26"Hoe durf hy? Ken hy my agtergrond? Ek was vir baie jare ’n taalonderwyser. Dis op aandrang van ’n goeie vriend in die uitgewersbedryf dat ek my op proeflees begin toespits het. Sommige mense is nou maar eenmaal net ondankbaar en klaar. Hy is natuurlik ontevrede oor ek sy werk so skerp gekritiseer het."
Met my oë
2021-10-19"Kan ek deur jou oë kyk en jy deur myne? Dan sal jy kan sien en verstaan dat ek nooit gekies het om so te kyk nie."
Homophobic
2021-10-18"innie rooi skaduwee van my pa
moes ek sit en luiste
oor hoe verbitterd die bybel oor gay mense is"
Nostalgie
2021-10-18"op ’n laatmiddag in September
by die Griek se hoekkafee
het ons hande soos magnete
oor die blou check-tafeldoek
na mekaar gesoek"
Josephina
2021-10-13"Van swyende gedienstigheid,
tot flitsende oë en felle bitsigheid,
bars en breek uit haar hart
’n verwese bitterheid"
Kiekies van Kommadagga 2021
2021-10-13Kyk hier na foto’s van LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool wat op 5 Oktober 2021 by die Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos afgeskop het.
Breinboelie
2021-10-07"waar is die brein se sein dan nou heen
waar die tong se salwende seën
waarom word gister eindeloos herhaal
en in watter stokou oomblik bly jy verdwaal ..."
Drome van ’n stadskind
2021-10-05"vat my net weg na berge en sand
waar die son se fakkel nog helder kan brand
laat die seebries se waters oor my spoel
en ek die lewe van vryheid weer eenkeer kan
voel"
Kalbaskraal is dood
2021-10-05"as kinders het ons sonder vrees
haar paaie platgeloop
maar nou staan daar op elke hoek
’n gun en halwe baksteen"
Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2022
2021-10-01Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith.
Veteraan
2021-09-29"jou hande vou om ’n koppie koffie
sterk hande wat eens ferm
aan ’n geweer moes klou
dieselfde hande wat sagkens
jou babaseuntjies kon vashou"
Tyd van verhuising
2021-09-29"verbrokkel en vervloei
en in die grou eerste lig
staan katel, stoel en hangkas
in hul verlatenheid afgeëts"
