Ongetydeld

  • 1

Foto: Canva.com

Ongetydeld 
Soos die blare 
val al die jare 
waar’s my kuif? 
waar’s my hare?

wysers sal tog stilstaan 
omdat jy mos wil teruggaan

gister sterretjies, môre katarakte 
vandag nog ferm 
môre hang soos sakke 

is dit hier? 
is dit nou? 
of eerder vir die toekoms voortbou?

nooit is ons tevrede 
vergeet die verlede: 
ons bou lugkasteel-stede

dis heimwee 
dis wense 
dis gister se mense

die wyn word asyn 
ons leef 
ons lag 
ses sewe ag

skryf maar ’n nuwe storie, 
maar hou hom maar kort:

môre gaan ook gister word

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top