Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Grondwoorde 2020-projek: Fanie Olivier se beoordelaarsverslag
2021-05-28"Dit is, uiteindelik, nie net ’n kompetisie om wenners te bepaal nie, maar eerder iets waardeur leerders uitgedaag word om met die poësie om te gaan. En dit in Afrikaans, wat in baie (ek dink die meeste) gevalle nie hulle moedertaal is nie. Op hierdie wyse word die taal self belangrik gemaak, word dit gestroop van die vooroordeel wat histories in KwaZulu-Natal sou bestaan."
Die wenners van die Grondwoorde 2020-projek: ’n onderhoud met Wouter Gildenhuys
2021-05-28"Die kompetisie is meer as net ’n digkompetisie. Dit is nie net ’n inisiatief wat erkenning gee aan die gebruik en handhawing van Afrikaans nie, maar is ook ’n belegging in die skryf en voortbestaan van die taal, om belangstelling in poësie te bevorder, om ondersteuning aan aspirantdigters te verleen en om brûe te bou tussen ’n meer diverse groep leerders."
Persverklaring: Wen R10 000 in Storiewerf se skryfkompetisie!
2021-05-25Storiewerf, die webtuiste vir kinder- en jeugboeke en jong skryftalent, is vanjaar 21 jaar oud. As deel van die feesvierings word ’n Storiewerfskryfkompetisie aangebied. Hier is al die inligting. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 15 Junie 2021.
Wenners van LitNet se vonkfiksie-kompetisie: Vuur in die argief
2021-05-24Hier is die wenners van LitNet se vonkfiksie-skryfkompetisie: Vuur in die argief.
Vêrlangs
2021-05-24"dat ek jou lief het,
ek wil onder jou vlerke skuif
om van my seer te vergeet,
ek wil my siel aan jou toevertrou"
hulpeloos en magteloos
2021-05-24"die waarheid is naak
soos ’n angsbevange vrou
vasgekeer tussen die mure
van haar eie huis"
Die tuinier
2021-05-24"Son en boom debatteer –
wie gaan vir wie ’n kans gee
bietjie koelte, bietjie lig
net voor nag ons kom verwurg"
Dis weer herfs in my tuin
2021-05-16"die boomtakke vonk in vlammerooi
teen ’n skemerlug ongelooflik mooi
wat is daai liedjie wat Piaf heserig sing
van herfsblare wat herinneringe bring"
Jy kan nie tyd vashou nie
2021-05-16"hy is niemand se maat nie
jy kan nie met hom praat nie
hy is die meester van môre
van gister en eergister"
Bleddie dokters
2021-05-16"Boet het daardie jaar die hardste gebid ooit, toe die prostaatkanker hom gevat het. Hy was nog altyd, as dit by geloofsake kom, ’n agterbanker. Letterlik en figuurlik. Geloofsake was nie hoog op sy agenda nie. Maar kanker laat gryp jou na strooihalms."
Herinnering in kleur
2021-05-12"Noudat jy weg is
is my wêreld ontvolk
en ’n eensame, kleurlose plek."
Gegroet, my hinterland
2021-05-12"Voetpaadjies deur die boesmangras
my blik streel die horison en ek wonder
oor my spore wat hier was"
Ek het gewonder
2021-05-12"Ek het gewonder of jy sou kom
tot by die anker van my wingerd
en tot by die voet van my berg."
Onthou
2021-05-03"Daar is stukkies vleis
aan die bene van die verlede
waaraan die koninkryk van miere
duisende jaar lank kan kou"
Haa’ selfmoo’dbriefie
2021-05-03"net as djy rêrag wil
of as djy voelit raak te stil
gie ek jou my blessing
om wee’ te date"
Divine reason
2021-05-03"Behalwe Breggie. Net jonger as Souf en ’n kerkmens. Rook en drink glad nie. Hare in ’n bolla agter die kop, rok tot teen die ken toegeknoop, bril op die neus. En die enigste van die sewe wat nie klink of sy deur ’n toegepakte skoorsteen asemhaal nie."
Volrond vrou!
2021-04-30"diep in my lyf
skuil veel meer:
daar’s romantiese volmaanwense
met onskuldige kersvaderdrome
weggesteek in boksiemensverwagtinge"
