Foto: Canva.com
’n anne tipe kind
Ek issie gemaak vi gewone skoolie.
Die anne kinnes is goed met maths
en hulle kan vinnig lees
But ekke?
Die syfers swem voo my ennie letters dryf
But ek tieken nogals kwai
Maa dissie wat Miesta soekie,
cause alles is mossie
creative arts’ie.
Ek haloep oek nogals vinnag en
ek ka hoeg spring but
sport betieken mos niks sonne die punte nie
Ek issie gemaak vi dié skoolie,
Maa maybe is daa ’n anne plek waa ek oek ka shine vang en awards kry
Ek wiet Mammie en Derra wil
oek proud voel
ek wiet oek ek probee my beste
maa niemand wil vestaanie
Assie goed nie budge hie bo nie
gaanit mossie saak maak as ekkit
Oo en oo leerie
Ek wiet Mammie en Derra wil oek proud voel
But ek kannie meerie
Ek kannie hierie
Dié skool issie vi my nie.