Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Soebat
2021-08-24Khadija Heeger vertolk Dianne Albertze se monoloog Soebat. Thembela Madliki het die regie behartig. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.
My briefie aan pappie
2021-08-23"Ek weet nie waar om hom te pos nie
ek het nie die hemel se adres nie
ook nie ’n whatsapp of e-pos nie."
mal maalkolk
2021-08-23"ek onderskat jou hierwees
in die malle maalkolk verlang ek na jou
in die duister besef ek jou waarde
ek mis jou asem, jou gedagtes, jou koffie – selfs jou dosis aspris"
Ek het
2021-08-23"Ek het jou ook sien loop,
deur die woud met haar groot sederbome,
die verlore kind wat weer daar uitloop.
Ongeplant en vuil met herfs nog in jou hare."
Ontmoet ons nuwe Kommadagga-kandidate
2021-08-18Kyk wie is die gelukkige deelnemers aan LitNet en die Jakes Gerwel Stigting se tweede Kommadagga-slypskool wat van 5 tot 26 Oktober 2021 op Somerset-Oos aangebied word.
Vervel
2021-08-17"Soms,
wanneer ek sommige mense in die gesig kyk
Tref, trek, skeur
die onthou nog aan my gesigvelle."
Manifes van die kremetartboom
2021-08-17"tussen grafte van wedersydse gemeenheid
versamel,
en geplant is in
’n eens bloedbevlekte grond"
Agter tralies
2021-08-17"Ek is ’n emosionele kluisenaar
want ek hou my emosies gyselaar
My hart hamer teen my bors"
Olke bolke
2021-08-17Nicola Hanekom, Hertzogpryswenner vir drama in 2021, se Stemme-monoloog, Olke bolke, stel ’n jong massamoordenaar aan die woord. Eldon van der Merwe lewer die vertolking en Lee-Ann van Rooi was in die regisseurstoel. LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi.
Het jy al ooit?
2021-08-11"Het jy al ooit onder ’n seestraat van jakarandabome gesit
Met verkrummelde sonlig op jou wang,
En ’n montage van drawwers langs die pad
Het jy al ooit die lewe net geniet?"
’n Ope gedig aan Afrikaanses
2021-08-11"by nog ’n taalberaad,
by nog ’n volkskongres:
was die woorde tussen ons
’n dowe doolhof"
Alles lê in die lengte van jou hare
2021-08-10LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Alles lê in die lengte van jou hare lewer Liandé Valentyn ’n dramatiese voorlesing van Stephren Saayman se monoloog wat handel oor ’n vrou wat afreken met traumatiese gebeure uit haar kinderjare.
Leë nagte
2021-08-03LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. In Saartjie Botha se Leë nagte vertolk Geon Nel die rol van ’n man wat bewus word van twee hawelose mense wat teenaan sy huis nes skrop. Nicole Holm is die regisseur.
Ek is vroulik
2021-08-02"Ek is vroulik
maar ek wens ek was nie
want dis hoekom ek vrees vir my lewe."
Verlore, verlate
2021-08-02"My lewenspad is donker en vol stof
al my emosies het êrens daar ontplof.
Hy moes my oppas soos goud
inteendeel word jy my grootste fout."
die kind is doodgeskiet deur ’n polisieman in Pietermaritzburg
2021-08-02"die kind is die puin van leë beloftes
vergete in die bouval van hoop
die kind is afwesig by vergaderings en wetgewings
die kind word versmoor in fluisteringe in die harte van moeders
die kind wat net wou speel in die son in Suid-Afrika is nêrens"
almal se vyand
2021-08-02"sneuwel die burgers
van ons pragtige land
daagliks aan die hand
van ’n vyand"
Kon ek ook maar ’n hond gewees het?
2021-07-27LitNet se Stemme is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, KKNK en NATi. Kyk hier na Andrico Goosen se Kon ek ook maar ’n hond gewees het? met Ivan Abrahams, onder regie van Nicole Holm. Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n video waarin Goosen, Holm en Abrahams oor die stuk gesels.
Jou woord teen myne!
2021-07-26"Jy sê sy het gevra daarvoor,
maar wat as sy net iets wou optel by die poskantoor?
Jy sê dit was haar eie skuld,
maar wat as sy haarself maar net in die gemak van haar eie tuiste kon bevind?"
Mag ek?
2021-07-26"hemelligte bottel
vir later se oordenking
as dit voel of seerkry
jou stukkend pluk"
