Afskeid

  • 0

Foto: Canva.com

Afskeid
Vandag het ek jou vir oulaas gegroet,
met hartseerpyn in my gemoed.
Ek weet dat waarheen jy nou gaan
daar net vreugde en blydskap bestaan.

Ek gaan verlang. Ek gaan jou mis,
Maar ek gun jou dit om te gaan rus.
Jou pyn en seerkry is nou verby
geen oomblik gaan jy langer ly.

Met blydskap sal ek jou onthou,
herinneringe om op voort te bou
van ’n lewe vol geluk en lag
en dankbaarheid vir elke dag.

Al het ek jou vandag gegroet
weet ek dat ons weer sal ontmoet.
Dat ons weer bymekaar sal wees
dan vier ons in die hemel fees.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top