Skrikkelwraak
2022-09-15"Die koerante het my die 'skrikkeljaar-reeksmoordenaar' gedoop. Dit is seker gepas, al het ek tot dusver oor ’n tydperk van twintig jaar nog net drie mense doodgemaak en is daar nog net een moord oor."
Lottomiljoenêr
2022-07-06"’n Bekende handelsbank wat my op die swartlys vir krediet geplaas het, wil ewe skielik my geld vir my belê teen ’n verstommende hoë rentekoers."
Ek wil vir jou die hemel gee
2022-05-03"Ek wil in die maan se lig
jou trane kom wegvee.
Want jy is my ster, my son, my maan
wat in my lewe skyn"
’n Skildery met woorde
2022-04-12"Met woorde kan ons mooi skilderye maak
sonder om aan skilderdoek of verfkwas te raak.
Hierdie prentjie is een van ’n eensame plaas,
waar ’n windpomp in die veld langs ’n plaasdam raas."
’n Sonstraal vir jou
2022-04-04"Ek het in die berge gaan soek na geluk
en daar vir jou ’n veldblommetjie gepluk
in die laaste strale van die winterson."
Briefie langs die see
2022-03-29"Ek skryf vir jou ’n briefie om te sê waar ek vandag is.
Ek sit hier langs die see by Hartenbos se kus."
Afskeid
2022-03-22"Vandag het ek jou vir oulaas gegroet,
met hartseerpyn in my gemoed.
Ek weet dat waarheen jy nou gaan
daar net vreugde en blydskap bestaan."
Vergetelheid
2022-02-24"’n Ou man loop alleen in die strate rond.
Saam met hom is net sy getroue ou hond.
Terwyl hy so eensaam deur die strate ronddwaal,
wens hy dat Liewe Jesus hom moet kom haal."
