Samesyn

  • 0

Foto: Unsplash.com

Samesyn
In die winter
wanneer dit koud is
soek ek warmte by jou.

In die somer
wanneer dit warm is
gee jy koelte vir my gemoed.

In die herfs
wanneer die wind waai
koester ek vir jou.

In die lente
wanneer bloeisels blom
bly ons steeds lief vir mekaar.

Helder son verdryf die nag.
Ek is bly. Dit is weer dag.
Die duisternis het weggevlug.
Ek lewe! My Son is terug.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top