Foto: Canva.com
Ek wil vir jou die hemel gee
Ek wil graag die morester
aan jou voete kom neerlê.
Ek wil onder die aandster
iets vir jou kom sê:
Ek wil die son se strale vang
en dit vir jou gee.
Ek wil in die maan se lig
jou trane kom wegvee.
Want jy is my ster, my son, my maan
wat in my lewe skyn,
die een wat alle seer en pyn
en trane laat verdwyn.
Kommentaar
Jannie, dis darem so mooi!
Mens kan net wens om só liefgehê te word. Dit sou ’n mooi troubelofte maak.
Baie dankie, Mich. Ek moet erken: hierdie is vir 'n baie spesiale vrou in my lewe geskryf.
Pragtig! Jy het maar 'n manier om die hart bloot te lê op papier.
Baie dankie, Herma.