Lottomiljoenêr

  • 1

Foto: Canva.com

Lottomiljoener
Verlede Woensdag het ek die Lotto gewen. ’n Allemintige honderd nege en tagtig miljoen rand om presies te wees. Wat op aarde doen ’n mens met so baie geld? Die eerste een wat die wonderlike nuus hoor, is ons dorpie se “amptelike koerant”, Tant Hellen, van oorkant die pad. Voor ek kan keer, het die nuus versprei. Genugtig! Ek het nie besef ek het so baie vriende en familie nie.

My verwaande Engelse neef, Oscar Lawson, wat vir die afgelope dertig jaar kwaad is vir my omdat ek hom “verneder” het met twee stories wat ek oor hom geskryf het, bel uit die bloute. Hy vra of hy kan kom kuier. Hy het ’n nuwe beleggingskema wat hy aan my wil bekendstel.

’n Bekende handelsbank wat my op die swartlys vir krediet geplaas het, wil ewe skielik my geld vir my belê teen ’n verstommende hoë rentekoers.

Tot my afgetrede sammajoor-buurman, wat my troeteldiere met ’n passie haat, bied aan om hulle op te pas as ek uitstedig is.

Verstommend.

Ai tog. As tannie Hellen net twee minute gewag het voordat sy die nuus uitgebasuin het, sou sy gehoor het ek het net gedróóm ek het die Lotto gewen.

  • 1

Kommentaar

  • Hans Richardt

    Ek het al baie gewonder oor Lotto-wenners en hul skielike rykdom.
    Wat is die effek op hul persoonlikhede?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top