
Foto: Canva.com
Vergetelheid
’n Ou man loop alleen in die strate rond.
Saam met hom is net sy getroue ou hond.
Terwyl hy so eensaam deur die strate ronddwaal,
wens hy dat Liewe Jesus hom moet kom haal.
Sy hele lewe lank het hy baie hard gewerk.
Hy het opreg gebid en was gereeld in die kerk.
Op sy lewenspad met elke moeilike tree
het hy net vir sy medemense omgegee.
Maar daar kom ’n tyd wat mens moet gaan:
Dit is so bepaal op elkeen se lewensbaan.
In vergetelheid het die ou man weggeraak,
vir niemand op aarde maak hy meer saak.
Die ou man loop deur die strate, hy ween.
Hy wonder waar is sy lewe dan heen.
Terwyl hy eensaam deur die strate ronddwaal,
wens hy dat Liewe Jesus hom moet kom haal.


Kommentaar
Baie diep, baie goed. Dankie.
Dankie, Cobus.