
Foto: Canva.com
’n Sonstraal vir jou
Ek het in die berge gaan soek na geluk
en daar vir jou ’n veldblommetjie gepluk
in die laaste strale van die winterson.
Dit is toe dat ek wens ek kon
vir jou die eerste strale van die somerson gee
om jou trane van hartseer en pyn weg te vee


Kommentaar
"'n Sonstraal vir jou" het my dadelik aangespreek. Akkurate woordgebruik en sintakties goed georden. Wat van 'n toonsetting?
Indien jy dit wil toonset is jy meer as welkom. Ek kan ongelukkig nie musiek skryf nie.