
Foto: Unsplash.com
’n Skildery met woorde
Met woorde kan ons mooi skilderye maak
sonder om aan skilderdoek of verfkwas te raak.
Hierdie prentjie is een van ’n eensame plaas,
waar ’n windpomp in die veld langs ’n plaasdam raas.
’n Omheining is gespan tussen die veld en pad
waarin die skaaptrop al weiend ’n ruskansie vat.
Diep in die verte blou berge waarop wit wolke rus,
veldblomme in die voorgrond vir die oog ’n ware lus.
Boerdery word uit ’n rondawelhuis bedryf,
die huisie is met woorde in die prent ingeskryf.
Hierdie prentjie is met woorde gemaak
sonder om aan verfkwas of skilderdoek te raak.


Kommentaar
As gewese Bolander is die treffendste vir my: "Diep in die verte blou berge waarop wit wolke rus"
Danie Botha
Baie dankie vir die kommentaar, Danie. Ek voel geëerd dat iemand wat so bekend is in skrywerskringe reageer op my amateurskryfpogings.