
Foto: Canva.com
Weer probeer
Dit is moeilik,
ongelooflik moeilik om myself weer op te tel.
Vasgekeer lê ek
in die greep van mislukking op die grond
Ek verlang daarna om asem te haal;
soms voel dit of ek versmoor word deur die denke wat in my kop rond maal,
maar aan die einde van die tonnel van teleurstellings skyn daar ʼn lig:
God is my toevlug.
Ongeag hoeveel keer ek faal,
bou Sy woorde my weer op, soos ʼn legkaart,
en wanneer dit voel of ek in die storms van die lewe verdrink,
slaan ek my oë op na Hom.
Soms gaan ek wen,
soms gaan ek verloor;
ek sal egter weer opstaan
en die wedloop van die lewe met ywer baan.


Kommentaar
Emosie baie goed verwoord.