Woorde en liefde

  • 1

Foto: Canva.com

Woorde en liefde
Ek staan hier
met die gekreukelde
inkgevlekte
woorde op papier
op die plek waar ons eens op ’n tyd
lewensverhale gedeel het
jou oë lees die woorde
maar jou hart kan dit net verstaan
wanneer my trane die woorde vergroot
jy sê jou hart is myne
maar eers moet ek dit gaan soek
sonder om koördinate te los
het jy geglo dat ék
die rigting na jóú hart sou vind
en dat woorde en liefde
ons elke keer sou red

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top