Laaste woorde

  • 1

Foto: Canva.com

Laaste woorde
Vandag skryf ek my laaste woorde
met ’n optelpen se laaste ink
woorde van ’n tweedehandse hart
met ’n siel so donker soos die nag
en oë so koud soos jou hart
terwyl ek na my swart bitter koffie staar
en amper aan my hart se bloed verstik
wonder ek of ek moet skryf
oor hoe ek verlief geraak het
op die manier hoe jy voorgegee het
of dalk hoe ek en jy
my gunstelingleuen geword het
maar
met ’n harde slag
word die boek verbrand
en als word net woorde sonder woorde
woorde wat niks beteken
so min soos wat jy nou
vir altyd vir my sal beteken

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top