Skryfwerk

Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.

Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.

LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

...

Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.

Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.

LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Ek is mal oor jou

Celestie du Plessis Poësie 2022-01-12

"Lank voor die branders se stemme wou breek 
of die wind sy eie wil kon ken, 
was ek gaande oor jou."

Eet my woorde: Inskrywings (3)

LitNet Skryfkompetisies 2022-01-10

’n Buffet van gedigte is hier opgedis in die derde groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.

Eet my woorde: Inskrywings (2)

LitNet Skryfkompetisies 2022-01-07

Van Kersfeeskos tot sielskos – hier is die tweede groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.

Eet my woorde: Inskrywings (1)

LitNet Skryfkompetisies 2022-01-06

Dié lekker gedigte sal jou mond laat water! Hier is die eerste groep inskrywings wat vir LitNet se skryfkompetisie "Eet my woorde" ontvang is. Die kompetisie het reeds gesluit.

Pap en vleis

Anthony Stockwell Poësie 2022-01-03

"Vergeet maar van ontsnap 
Jy is sy ete, klaar betrap 
Hy soek nou eers sy hap"

hierdie vakansie

Willem de Swyger Poësie 2022-01-03

"hierdie vakansie 
wil ek my moeë lyf 
lawe met seelug 
genesend soos salf 
op seer spiere"

Karamel

Megan Adendorff Poësie 2021-12-21

"Tien sekondes later 
en ek proe dit steeds. 
Tien blokkies later, 
ek’s steeds nie versadig."

Wag gou 

Megan Adendorff Poësie 2021-12-21

"en djy vetel vi’ ammil van hoe honge ek plek-plek gely het, 
but 
djy sien 
djy’t nooit vimy ’n dite gegie toe my maag lieg wassie 
djy’t nooit my vision support toe ek gedroem ittie"

Ek gaan skryf sonder ophou ...

Magrietha Marx Poësie 2021-12-21

"Die grootste oorlog waarteen ek baklei
is die een binne my
soms voel dit of ek moed wil verloor
wanneer woorde en sinne my hart deurboor."

Persverklaring: Wenners van nasionale skryfwedstryd van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging 2020/21 bekend

Corlietha Swart Skryfsake en rubrieke 2021-12-20

Die uitslae van die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) se jaarlikse groot Nasionale BSV-Skryfwedstryd, is pas bekend. Hier is die wenners.

My liefde se liefde

Megan Adendorff Poësie 2021-12-14

"en as ek lees van wie die geskenk is 
dan is dit gewoonlik van haar. 
Sy laat die orgaan in my linkerbors dans"

Ons moeder Krotoa

Michelle van Graan Poësie 2021-12-14

"Gestroop van haar naam, herdoop na Eva. 
Gestroop van haar lewe, gestroop van haar volk, 
met net die eggo in haar gemoed ... 
Is ek Krotoa? Of is ek dan Eva?"

Nee Mammie 

Megan Adendorff Poësie 2021-12-07

"Nee Mammie, 
ek’s glattie ’n alkie, 
ek vesypie sorrows. 
En Mammie?"

Gebed van ’n digter

Edward Jeneke Poësie 2021-12-07

"laat my dieper grawe, 
laat my dieper geniet, soos ’n kind."

Skryfkompetisie: Eet my woorde

LitNet Skryfkompetisies 2021-12-06

LitNet nooi jou uit om ’n gedig oor kos, of die tekort daaraan, te skryf en daardeur vir drie groot kontantpryse in aanmerking te kom. Die kompetisie het reeds gesluit.

Kommadagga-kortverhaal: "We breathed"

Jodie Groener Fiksie 2021-11-29

"Toe Danielle bykom, lê sy in die gras op ha maag. Haar gesig is dik en warm. Sy kyk in die rigting van Perry se stem. Danielle sien waar sy op haar rug lê. Outjie skyn ’n phone lig op ha." – Lees Jodie Groener se Kommadagga-kortverhaal.

Suid-Afrika

Herman Lategan Poësie 2021-11-28

"Oor berge en riviere en oseane 
Stede vol rook en roet 
Berge met pieke vol sneeu 
Landerye, skilferdroog 
Boere wat huil langs bankbestuurders"

In my vrye tyd

Pieter Lübbe Poësie 2021-11-28

"Ons hou dan maar laataand vir onsself 
dat ons dieper in die donker kan delf: 
passies ná werk 
tyd vir jouself – 
ná nege 
ná tien 
ná elf."

Vincent

CJ Laing Poësie 2021-11-22

"Verf winterblou oor jou skilderdoek 
laat die aarde bloei in Namib-bruin 
olyfgroen verskroei in suurlemoen"

wit soos walvismae

Willem de Swyger Poësie 2021-11-22

"wit soos walvismae 
swem wolke verby 
deur die uitspansel 
se akwamaryn"

Top