Plesierland

  • 1

Foto: Pixabay.com

Plesierland
“In this country there is no place to sleep, that’s why we always die standing. There is no place for manifestation in this country.” – Jazra Khaleed, Requiem for men and other poems

jy lê hoerstil
onder al daai lande

hulle klim jou op sonder condoms
en maak jou siek met berge skuld
en low-class-produkte

jou pimps is almal ougevreet-gangsters
wat die apartheid narrative in sy moer abuse
want die mag is lekker
en Mandela is lankal vergete

jou sweet en trane
word gebruik om private jets, exotic vakansies
en Armani-pakke te befonds

en al wat oorbly is
die stank van korrupsie
en ’n stemlose jy

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top