Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Tyd brand
2022-04-19"In al sy seisoene, al sy kleure
Het hy ervaar dat liefde en smart hand aan hand loop soos ou vriende
Die een kan nie sonder die ander nie"
Vir Monica
2022-04-19"Djy’t gesê djy is spyt
Djy het my ooit ontmoet
Djy’t innie nag ve’dwyn
Djy’t my nie ees gegroet"
Die geheim van luiperd wees
2022-04-12"die onrus se nabyheid te besef;
dit sluipend agterna te draf,
hurkend daarop te wag"
omkyk-omkyk
2022-04-12"sit op die sypaadjie met
’n sad gesig
hy was my skoolvriend ’n
slim top dog tussen ons"
’n Skildery met woorde
2022-04-12"Met woorde kan ons mooi skilderye maak
sonder om aan skilderdoek of verfkwas te raak.
Hierdie prentjie is een van ’n eensame plaas,
waar ’n windpomp in die veld langs ’n plaasdam raas."
Persverklaring: Ink dig- en skryfkompetisie 2022
2022-04-06Ink Skryf in Afrikaans bied vanjaar weer ’n dig- en skryfkompetisie aan. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 Junie 2022. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie.
Laaste woorde
2022-04-04"woorde van ’n tweedehandse hart
met ’n siel so donker soos die nag
en oë so koud soos jou hart"
’n Sonstraal vir jou
2022-04-04"Ek het in die berge gaan soek na geluk
en daar vir jou ’n veldblommetjie gepluk
in die laaste strale van die winterson."
Briefie langs die see
2022-03-29"Ek skryf vir jou ’n briefie om te sê waar ek vandag is.
Ek sit hier langs die see by Hartenbos se kus."
Woorde en liefde
2022-03-29"woorde op papier
op die plek waar ons eens op ’n tyd
lewensverhale gedeel het"
Afskeid
2022-03-22"Vandag het ek jou vir oulaas gegroet,
met hartseerpyn in my gemoed.
Ek weet dat waarheen jy nou gaan
daar net vreugde en blydskap bestaan."
My broer Japie
2022-03-22"Eendag in die winter het Japie koud en nat uit eie beweging by die huis aangekom. Maar hy was nie alleen nie. Daar was ’n vrou saam met hom. My ma het toegesien dat Japie en sy metgesel hulself versorg, droë klere aantrek, en vir hulle kos gegee om te eet."
Foto’s en feeste
2022-03-17"Foto’s en feeste
van soekende geeste
verdwaalde siele by hul kunstefeeste"
Chase en Beertjie
2022-03-17"as hy net heeltyd
in my gesig wil lek,
lek hy die hartseer
en waai dit weg met sy sterk stert."
Terug na nimmerland
2022-03-07"sorgeloos in die skatkis van die lewe delf
soos nuut ontdekte kiekies lank vergete
word herinneringe, dof en effens verslete"
Oop gesprek
2022-03-07"sou jy ooit werklik kon verstaan
toe hy uiteindelik om jou pinkie draai
die geheim van sy krag met jou deel
dat hy sodoende sy God sou verraai?"
Mooi Berta
2022-03-03"Mooi Berta, haar ou stralende self, was laaste om die lesinglokaal te verlaat – net voor die professor, wat eers sy tas moes pak. By die deur het sy haar lang wimpers vir hom gefladder en mooi geglimlag en sy ou hart bly gemaak."
