Bossies berou

Foto: Canva
Saans, tot skuins voor laat
vind ons die blommesmous
op die hoek van die straat
waar hy sy laaste
bietjies liefde, simpatie,
en bossies berou,
tussen gipsblomme strik
met goiingtou.
Kleurvol verdoesel
in kreukel-kardoes,
konkel ranonkels
n a ï e f
met madeliefies
en magrietjies
en ’n verdwaalde
son(de)blom,
(oor vlietende liefde
en bossies berou)
wat belowend
gerangskik is
vir my en vir jou.


Kommentaar
Pragtig, Loretta!
Baie dankie vir die plasing, LitNet.
Baie, baie mooi!
Dankbaar dat LitNet nog gedigte van werklik goeie gehalte ook plaas - ritme, rym, klank, simboliek, woordspeling, ens. Baie geluk, Loretta!
Baie dankie, liewe Anze. xx
Oh wow Charleine, baie dankie vir die pragtige kommentaar - ek waardeer dit so vreeslik baie. XXX
Beautiful!
Dankie Heids, ek waardeer jou saamlees baie! xx