Enkellopend

Foto: Canva
Ek wou jou uit my geheue
bad en skrop en drink,
maar die deftige milieu
het in ’n Styrofoam-koppie gesink
Ek wou plek maak vir nuwe trauma
om my raserige koppie op te top
klaarblyklik sit gin mens in ’n koma –
wag vir ewig vir vergeet om in te skop
Ek wou jou slegsê en uitskel
en poog om die gif te spoeg
toe drip dit van lippe tot vel
en die woede brand nooit heeltemal genoeg.
Ek wil gaan sit in ’n parkie en wag
tot mense dink ek’s mal en my wegjaag.
Dat iemand my ten minste sien vir ’n slag
en die allenigheid ’n oomblik lank vertraag
Of, tot iemand langs my kom sit
en my vra of ek hou van visvang
of klassieke musiek, tot ons mekaar se omgee uitput
en daar nie ’n kriek sal oorbly van enigiets verlang.


Kommentaar
Ek is absoluut gaande oor hierdie gedig, Hanrie.
Verskriklik baie dankie Mich! Ek waardeer dit opreg.