Skryfwerk
Lees oorspronklike kortverhale, gedigte, lirieke en essays hier. Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
Slegs oorspronklike skryfwerk, wat nog nie voorheen in druk of op enige sosiale media platform verskyn het nie, sal oorweeg word.
LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is.
...
Read original short stories, poetry, lyrics and essays here. Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
LitNet only accepts an author’s original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.
Oordeelsdag: die gevolge van sonde #79
2022-08-18"met sy formidable intro bewusteloos slaan
en deur die eerste verse
sy besluite try reverse
maar toe die chorus tref
het hy my swart siel uitgepluk"
read between the lines
2022-08-18"ek slaan my skryfgids oop soos ’n bybel en
probeer om tussen die lyne te lees
ek giet my hart uit met ’n bic pen en
die deadlines kan maar wag"
Musiek
2022-08-18"Die verskillende klanke
in my hart geanker
'Life is Tough'
musiek – die berg van my skouers af"
Afrikaans, die moeder van soveel kinders
2022-08-11"Nei man, djulle wat my so onderskat
Met tegnologie wat heeltyd develop
Gaan ek djulle nog ’n lang pad vat.
Ek is tienertaal
en soos die jare aangaan, gaan ek die grootste wees op die skaal van taal."
landelike bestaansvergaan
2022-08-11"om op te hou skrywe
na die einder-kom-nader
met sterre se sterwe
nog net buite bereik
is nie ’n opsie nie"
Die kom-en-gaan-refrein
2022-08-11Lees Louis Esterhuizen se reeks verse ter huldiging van die dramaturg Athol Fugard wat in Junie vanjaar 90 geword het. Hierdie teaterverse word met die ondersteuning van die LW Hiemstra Trust aangebied.
Kwatryn
2022-08-05Lees Johan Myburg se kwatryn in die reeks verse met "teater" as tema. Hierdie reeks word aangebied om die dramaturg Athol Fugard se 90ste verjaardag in Junie 2022 te vier.
LitNet-slypskool Om te skryf
2022-08-05Alle voornemende skrywers is welkom om in te skryf vir keuring vir die LitNet-slypskool Om te skryf. Voorleggings van kortverhale word ingewag en vyf skrywers sal aangewys word om deel te neem. Voorkeur sal verleen word aan goeie werk van skrywers wat nog nie solopublikasies gelewer het nie.
Persverklaring: McGregor gedigtefees, skryfkompetisie 2022
2022-08-04Die McGregor Gedigtefees wil digters jonk en oud aanmoedig om te skryf en te bly skryf. Die jaarlikse gedigteskryfkompetisie is een van die opwindende elemente van die fees. Daar is groot kontantpryse!
Familiebesoek
2022-08-04"Aanvanklik was dit die plaashekkie
of ’n afgesproke voorafbepaalde plekkie
waar ons mekaar in trane van vreugde
om die hals kon val en kuiertjies inhaal."
My fok, George
2022-08-04"Buitekant woer die enorme kragopwekker rustig voort. Hy glimlag vir sy sekretaris wat oorkant hom met ’n dagboek in die hand staan. ’n Goue pen sweefhang oor die bladsye."
Ous Dulcie
2022-08-04"Dulcie September, kan jy my hoor?
jou statues en monuments kry koud
iewers in ’n kunstenaar se agterkop
iewers in jou comrades se kaalgevrete gewete"
’n Nuwe klimaat
2022-07-24Andries Visagie skryf ’n kortverhaal: "Die professor gee gehoor aan Blaine van Wyk. Hy gee gehoor aan die oppertouleier se vaderlike aanbeveling. Hy gee gehoor aan prof Callie Steenkamp se ystereis. Werwelend stuur hy sy terugtrekking, sy onvoorwaardelike jammerlappie, sommer ook sy bedanking uit die Letterkundekommissie die überruim binne allie pad na Centurion."
"om te roei sonder hawe"
2022-07-21LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Kyk hier na Hannah Borthwick se vertolking van Antjie Krog se "om te roei sonder hawe". Die teks van die monoloog is hier beskikbaar, asook ’n gesprek tussen Hannah en regisseur Nicole Holm.
