Kennisgewing: MA in Kreatiewe Skryfkuns by die Universiteit van die Vrystaat, 2023

  • 1

 

Universiteit van die Vrystaat, Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans bied aan: 
MA in Kreatiewe Skryfkuns

..........

(Aspirant-) skrywer, digter of literêre vertaler?

Die UV bied aan jou ’n kursus waarvan die vernaamste oogmerk die ontwikkeling van ’n lewensvatbare publiseerbare manuskrip is – en jy doen dit onder leiding van twee bekroonde skrywers, Henning Pieterse en Francois Smith. Dit is ook ’n volledig akademiese kursus waarvoor kandidate teoretiese modules op magistervlak moet slaag. Die gestruktureerde aard van die kursus maak dit moontlik dat dit gevolg kan word deur kandidate sonder ’n volledige honneurskwalifikasie in tale.

Die kursus strek oor twee jaar, waarvan die eerste jaar hoofsaaklik gewy word aan ’n toegepaste teoretiese begronding (’n kursus in literêre stilistiek en ’n navorsingskomponent) en die tweede jaar aan die skryfpraktyk, dit wil sê die afronding van ’n manuskrip gedurende interaktiewe werksessies.

Die fokus van die gestruktureerde MA is oorspronklike literêre skryfwerk en literêre vertaling, en tekste in enige genre mag aangebied word – fiksie sowel as niefiksie, populêr sowel as literêr, prosa sowel as drama en poësie.

Die kursus word in werksessieformaat op kampus aangebied.

Volledige inligting oor onder meer keuring, registrasie en voorvereistes is te kry by: https://www.ufs.ac.za/afrikaans-and-dutch-german-and-french/af/afrikaans-en-nederlands-duits-en-frans/akademiese-inligting/nagraads/ma-in-kreatiewe-skryfkuns.

Jy kan ook ’n e-pos na een van die volgende adresse stuur: smithfah@ufs.ac.za, pietersehj@ufs.ac.za of meiringi@ufs.ac.za.

Sluitingsdatum vir aansoeke vir studie in 2023: 30 Oktober 2022

  • 1

Kommentaar

  • Goeiedag
    Ek sal baie graag die kursus wil doen, maar kan ongelukkig nie klasse kan bywoon nie. Sal daar op en of ander stadium aanlyn klasse aangebied word, of dmv afstandonderrig?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top