Boemelaar

  • 0

boemelaar

Foto: Canva

sit onder die boom en praat
met jouself – enigste maat
wilde oë so leeg soos jy
sien die lewe wat jou haat

of so glo jy in jou kop
bitter kant na bo gedop
onreg is jou aangedoen
wanneer gaan die seerkry stop

waarheid is, jy het verloor
teen die donker duiwelskoor
het die leuens wat hulle deel
vas geglo toe jy dit hoor

nou sit jy in sak en as
met geraamtes in die kas
tog is Hy nog steeds by jou
roep jou naam en hou jou vas

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top